HANDGEMAAKTE EIERNOEDELS
Kom ons maak handgemaakte eiernoedels …is mos lekker om so saam saam te kook in die gerief van jou eie domain met die wat saam speel.”
- 500 g broodmeel
- 4 groot eiers
- 30 ml water
- ± 15 ml ekstra water
- ‘n knippie sout
- ekstra broodmeel vir uitrol
Meng die meel, eiers, water en sout goed saam en knie vir vyf minute om ‘n sagte deeg te vorm.
Indien die deeg te droog is, gebruik van die ekstra water om die deeg se tekstuur aan te pas. Maak die deeg toe in ‘n plastieksak/kleefplastiek en laat dit rus vir 30 minute.
Haal die deeg uit die sak en knie dit weer vir vyf minute.
Plaas die deeg weer in die sak en laat die deeg rus vir ‘n verdere 20 minute.
Haal die deeg weer uit die sak. Knie dit weer vir ‘n verdere vyf minute.
Strooi meel op ‘n werksoppervlak. Rol die deeg uit en strooi meel bo-oor om te verhoed dat die deeg aan die koekroller vassit.
Rol die deeg tot ‘n dikte van 2 mm.
Verdeel die deeg in twee dele met dowwe streep. Moenie die deeg fisies verdeel nie. Rol die deeg uit soos op die meegaande fotos verskaf en sny dit dan in skywe so dun of so dik soos wat jy verkies.
Rol die wiele in stringe af en strooi meel oor sodat dit nie vassit aan mekaar nie.
Laat die deeg in toutjies rus, sonder bedekking, oor die rant van ’n hoë skottel of dergelike ophangmetode, vir 30 minute sodat dit effe kan uitdroog (soos op die foto).
Dit kan vars gaar gemaak word, op die normale pasta metode of jy kan dit opdeel en pakkies maak om eers te vries.
Dit vries goed en bly vir vier weke vars in die vrieskas.
Resep en foto: Martie Labuschagne