Your Recipe Blog

HANDGEMAAKTE DIM SUM

Avatar photo
Recipe by
Cook: ongeveer 8 minute

HANDGEMAAKTE DIM SUM

Hierdie Dim Sum is in bamboes mandjies bo-oor die aftreksel gestoom en verskaf wonderlike vermaak vir die gaste.

  • 500g vark maalvleis
  • ½ klein blikkie bamboo shoots
  • sojasous na smaak
  • 20 ml saki
  • Vir die deeg:
  • 2 koppies koekmeel
  • ¾ koppie warm water
  • sout
  • basilliekruid blare

Vir die deeg meng jy net die meel, water en sout saam en vorm ’n deeg. Knie dit bietjie en laat staan om te rus.
Begin nou met die vulsel.
Kap die bamboo shoot bietjie fyner, ek gooi dit by die vark maalvleis in ’n bak.
Voeg die res van die bestanddele by en roer baie goed.
Sodra die deeg bietjie gerus het kan jy dit baie dun uitrol. Ons het sommer ’n pasta masjien gebruik.
Sny nou sirkels uit en sit teelepels vol van die vleismengsel in die middel.
Gebruik bietjie water en vou die sirkel toe. Druk die punte bymekaar en druk effens plat.
Jy kan nou die deegpakkies in die stomer sit, bo-op ’n basilliekruid blaar.
Hulle stoom vir ongeveer 8 minute of tot die maalvleis gaar is.

Resep: Ineke Steyn
Foto en aanpassing: Michelle Pieterse
400 g vark maalvleis sal genoeg wees.
Ek het redelik baie sprietuie ingesit, 4 eetlepels gemengde knoffel en rissie wat ek by food lover’s market gekoop het.
Voeg ook klein bietjie Worcestersous by.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page