HAM-, KAAS-, TAMATIE- EN EIERBROODJIE
- 1 rooibostee brood (enige ander brood is ook goed)
- margarien om brood te smeer
- 16 lang snytjies ham
- 16 skyfies kaas
- tamatieskywe, soveel soos benodig
- sout en peper na smaak
- 4 eiers
- ½ koppie melk
- gerasperde kaas om bo-oor te strooi
Gebruik ‘n ronde losboom koekpannetjie wat die kante van kan afhaal.
Smeer die broodsnye aan albei kante met margarien.
Pak die snye vertikaal in die rondte in die pannetjie.
Plaas ‘n snytjie ham, ‘n skyfie kaas en tamatieskywe bo-op mekaar, sprinkel sout en peper oor na smaak en vou die hamstapeltjie toe. Herhaal tot al die ham, kaas en tamatie opgebruik is.
Plaas die hamstapeltjies, met die toegevoude kant na onder, tussen die snytjies brood.
Klits die melk en eier saam en giet dit oor die gevulde brood in die pan.
Strooi die gerasper kaas bo-oor die brood.
Plaas in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir ongeveer 15 – 20 minute.
Nota: Johan du Preez
Ek het hierdie gereg met ‘n fransebrood gemaak en 200 ml melk gebruik.
Resep en foto: Marian van Deventer