GUNSTELING KERSKOEK
Vrugtekoek klaar gebak. Eerste probeerslag in Thermofan Oond. Dis my skoonma se resep en ‘n familie gunsteling.
- 500 g rosyne
- 250 g sultanas
- 250 g korente
- 4 koppies koekmeel
- 2 koppies sagte bruin suiker
- 500 g botter
- 6 eiers
- 10 ml kakao
- 3 ml gemengde speserye “mixed spice”
- 10 ml koeksoda
- 1 koppie water (ek het vandag koffie gebruik)
- 250 g kersies
- 300 g pekanneute
- Brandewyn, Whiskey of Sherry ongeveer 50 ml
Kook vrugte met ½ koppie water en botter vir ongeveer 10 min. Laat afkoel..
Klits eiers en suiker saam.
Meng droë bestanddele by vrugte met laaste ½ koppie water. Meng dan eiermengsel by. Skep helfte van die deeg in ‘n koekpan. Pak lag met neute en kersies. Hou van die kersies en neute vir bo-op.
Skep tweede helfte oor en versier met kersies en neute.
Bak vir 1 ¼ uur op 140°C en dan nog 1 ¼ uur op 120°C.
Giet Whiskey, Brandewyn, of Sherry oor sodra dit uit die oond kom.
Ek het Mocador Coffee Liqeur gebruik.
Ek gaan elke dag bietjie Mocador oorgooi om die koek klam te hou.
GENIET.
Resep en foto: Michaela Boon