Your Recipe Blog

GROOTMAAT VLAKOEKIES

| Servings: ongeveer 240 koekies deur die vleismeultjie

GROOTMAAT VLAKOEKIES

  • 1360 g (1 kg 360 g) Sunshine D margarien/Rooibrand Spar margarien
  • 400 g versiersuiker
  • 1300 g (1 kg 300g) koekmeel
  • 700 g vlapoeier
  • 80 ml bakpoeier
  • 5 ml sout

Room die botter en die versiersuiker tot lig en donsig in ‘n mengbak met ‘n groot klitser.  Dit word lig van kleur.
Sif die koekmeel, vlapoeier, sout en bakpoeier saam in ‘n groter mengbak.
Voeg nou die bottermengsel by die koekmeelmengsel. Meng goed deur tot ‘n stywe deeg.
Sit die deeg deur ‘n vleismeultjie of rol balletjies van 15 g, druk dit plat met ‘n vurk of ou garetolletjie.
Plaas op gesmeerde bakplate.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 170°C vir ± 15 tot 20 minute.
Hierdie resep maak ± 120 gesmeerde koekies, hang af of jy meuletjie gebruik of bolletjies maak.

Resep geplaas deur Alta Gunter Van Dyk
Foto: Alta Gunter Van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page