GROOTMAAT ROMANY CREAMS
- Meng die volgende droë bestanddele saam en hou eenkant:
- 14 koppies koekmeel
- 12 teelepels bakpoeier
- 2 koppies kakao
- 2 koppies klapper
- 1 teelepel sout
- Klits die volgende tot romerig:
- 1 kg stork bake, moet sag wees
- 6 koppies suiker
- Voeg die volgende by en klits baie goed:
- 12 eiers
Voorverhit die oond toto 180ºC.
Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en meng goed deur.
Rol in klein balletjies, pak op voorbereide bakplate, druk effens plat en bak vir 15 minute.
Haal heeltemal afkoel.
Vul met gesmelte sjokolade en plak die koekies twee twee aanmekaar vas.
Resep en foto: Nelsie Fritz