Your Recipe Blog

GROOTMAAT KERRIE-NOEDELSLAAI

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 50 ruim porsies

GROOTMAAT KERRIE-NOEDELSLAAI

Die resep lewer 50 ruim porsies as ‘n slaai.

  • 2 blikkies ingelegde perskes
  • 2 x 500 g pasta van jou keuse, ek het daai gebruik wat soos skroefies lyk – Fusilli pasta
  • Sous:
  • 2 koppies tamatiesous
  • 1 koppie kookolie
  • 1 koppie bruinasyn
  • 2 koppies bruinsuiker
  • 1 teelepel paprika
  • ¼ koppie matige kerriepoeier

Kook jou pasta, dreineer en hou eenkant.
Meng die sous bestanddele saam in ‘n kastrol. Verhit en roer tot die suiker opgelos is en meng met die pasta.

  • Kap die volgende in klein blokkies en voeg by die pasta:
  • 2 uie
  • 2 rooi soetrissies
  • 2 groen soetrissies
  • 2 geel soetrissies

Sny die ingelegde perskes in klein stukkies en meng by die pasta, voeg bietjie van die perske se sous by die slaai en meng goed deur.
Die slaai kan al 3 dae vooraf gemaak word en raak lekkerder as dit staan.

Resep: Leanne Thurston Coetzer
Foto: Marié Fourie

One Review

  1. Cornelia

    Sjoe dit lyk lekker sal dit baie graag wil probeer

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page