Your Recipe Blog

GROOTMAAT CREMORATERT

GROOTMAAT CREMORATERT

Hierdie resep is perfek.  Ek het die oorspronklike resep VERDUBBEL en dit lewer ‘n groot tert.  Ek het Cremora gebruik. Hierdie mates is die klaar verdubbelde resep, indien jy hom wil kleiner hê, gebruik net die helfte van die bestanddele.
  • 1 kg Cremora
  • 500 ml yskaswater
  • 500 ml vars of bottel suurlemoensap
  • 2 blikke kondensmelk
  • 2 pakke Tennisbeskuitjies
Meng die Cremora met die yskaswater.  Voeg by die suurlemoen en meng deur.
Voeg kondensmelk by en meng goed vir ongeveer 10 minute.
Pak die beskuitjies op die bodem en teen die kante van ‘n groot bak.
Skep helfte van die Cremoramengsel oor koekies, pak weer ‘n laag beskuitjies op die vulsel en skep die oorblywende mengsel oor die koeskies.
Plaas tert in yskas, versier met gebreekte koekies.
Nota:
Die bestanddele moet yskoud wees.

Die vulsel behoort binne 5 minute styf en romerig te wees.

Resep van Meisie van der Colff aangepas deur Ronell Muller Boshoff
Foto:  Ronell Muller Boshoff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page