Your Recipe Blog

GROOT KORSLOSE MELKTERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 - 50 minute | Servings: 10 - 12 porsies

GROOT KORSLOSE MELKTERT

Nadat ek bietjie aanpassings gemaak het op Rose se melktert, het ek met hierdie heerlike melktert voor ‘n dag gekom.  Die tekstuur is effens anders as ‘n tradisionele melktert, maar tog heerlik.  Ek stel voor dat mens hom altyd effens opwarm voor jy hom bedien dan is hy op sy lekkerste, koud is die tekstuur vir my persoonlik bietjie “dig”.

Let asb op dat die mielieblom en vlapoeier in gram is en die koekmeel in ml.

  • 1.125 liter melk
  • 125 g botter
  • 1 kaneelstokkie
  • 100 g mielieblom (Maizena)
  • 25 g vlapoeier
  • 125 ml koekmeel
  • 5 ml sout
  • 350 ml suiker
  • 6 groot eiers, geskei
  • 5 ml elk vanilla en karamel geursel of 10 ml vanilla geursel
  • kaneelsuiker vir oorstrooi

Voorverhit die oond tot op 180 °C. Smeer ’n 23 cm losboom koekpan (springform).
Verhit 1 liter melk met die botter en kaneel in ’n pot.
Verwyder dit van die hitte net voor dit kookpunt bereik.
Meng die mielieblom, vlapoeier, koekmeel, sout en suiker met die oorblywende 125 ml melk en voeg die geklitste eiergele en geursel by. Meng goed.
Roer die meelmengselsel in die warm melkmengsel in terwyl jy heeltyd vinnig roer.
Sit die pot terug op lae hitte en laat die vlamengsel stol terwyl jy aanhoudend roer.
Haal die mengsel van die hitte af en verwyder die kaneelstokkie.
Klop die eierwitte tot styf en VOU in die vlamengsel in.
Skep die vlamengsel in die gesmeerde pan.
Bind bakpapier om die koekpan om hoër kante te skep (sien aangehegte foto), die mengsel rys hoog in die oond en sak weer terug wanneer dit afkoel.
Strooi die kaneelsuiker bo-oor die mengsel.
Bak vir 45 – 50 minute of tot dit goudbruin is. Dit sal nog effens drillerig wees, maar dit is reg so.
Skakel die oond af, maak die deur effens oop en laat die tert in die oond afkoel tot heeltemal terug gesak.
Haal uit die oond uit en laat dit heeltemal afkoel voor jy dit uit die koekpan haal.

Resep aangepas en foto:  Rina Kleinhans

3 Reviews

  1. Elna

    Dankie die resep is ‘n wenner!!! Sal dit weer maak.
    Elna

    Star
  2. Ronel

    Stien, kan mens die resep ook halveer vir ‘n klein melktert?
    Dankie!

    • Hi Ronel dit is my resep. Ja mens kan, dit is maar net ‘n baie hoë melktert, maar jy kan enige tyd hom halveer en ‘n kleiner pan gebruik.
      Lekker bak.
      Rina

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page