Your Recipe Blog

GROOT GEBAKTE MELKTERT

Recipe by
Cook: 30-40 minute

GROOT GEBAKTE MELKTERT

  • Kors:
  • 2 eiers
  • 4 eetlepels suiker
  • 100 – 150 g gesmelte botter
  • 200 g bruismeel
  • Vulsel:
  • 100 g gesmelte botter
  • 4 eetlepels bruismeel
  • 3 – 4 kaneelstokkies
  • 1 liter melk (250 ml vir beslag)
  • 4 eiers, geskei
  • 10 – 11 eetlepels (150 ml) suiker
  • 2 eetlepels mielieblom
  • 5 ml vanilla geursel

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Smelt die botter en voeg die suiker en eiers by.
Meng die bruismeel in om ‘n slap tot stewige deeg te vorm.
Neem stukkies deeg en voer die oondpan egalig daarmee uit. Hou eenkant.
Plaas 750 ml melk in ‘n pot met die kaneelstokkies en verhit tot kookpunt.
Meng die bruismeel, mielieblom en suiker. Voeg die oorblywende 250 ml melk by en meng goed.
Voeg die meelmengsel by die warm melk in die pot en meng goed om klonte te vermy.
Roer heel tyd terwyl die pot op die hitte is, draai hitte laer indien nodig.
Meng die gesmelte botter, eiergele en vanilla en roer by die melkmengsel in tot glad.
Haal die pot van die stoof af.
Klits die eierwitte styf en vou dit met ‘n lepel in die melkmengsel in, in die pot.
Skep die melktertvulsel in die kors en bak vir 30 tot 40 minute totdat die kors gaar is.

Resep en foto: Angelique Talmakkies

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page