Your Recipe Blog

GROOT BROCCOLITERT

GROOT BROCCOLITERT

Nouja vandag weer IETS geprobeer vir mense wat NIE LIEF is vir Broccoli NIE. Ek het sommer ‘n pan vol gemaak. NOU GAAN ek van dit vries vir ‘n volgende ete.

  • 750 g broccoli
  • 1 groot ui, gekerf
  • margarien of botter, vir braai
  • 1 Knorrox hoenderblokkie
  • 3 jumbo eiers
  • 700 ml gerasperde Cheddar kaas
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 300 ml melk

Kook broccoli so 5 min en sny fyn.
Braai ui fyn gesny in margarien of botter
Voeg Knorrox hoenderblokkie by uie.
Voeg melk by uie om al die souterigheid te laat oplos, kook vir ‘n rukkie
Skep die uiemengsel by die broccoli.
Voeg eiers en meel en bakpoeier by en meng goed. Meng kaas in.
Skep in gesmeerde plat oondbak.
Bak by 190ºC tot ligbruin en gaar.

Resep en foto: Marie Teghman van Deventer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page