Your Recipe Blog

GRONDBOONTJIEBOTTER SJOKOLADE RYS POEDING

GRONDBOONTJIEBOTTER SJOKOLADE RYS POEDING

  • 1 koppie gekookte rys
  • 2 eetlepels kakaopoeier
  • ½ teelepel bakpoeier
  • 2 eetlepels grondboontjiebotter
  • 2 eetlepels koekmeel
  • 2 eetlepels olie
  • 2 eiers
  • 6 eetlepels wit of bruin suiker

Plaas die rys in ‘n mikrogolf veilige bak. Voeg die kakaopoeier, suiker, bakpoeier en meel by.
Meng goed. Meng die eier, olie en grondboontjiebotter  en voeg by.
Plaas in die mikrogolf vir 2 minute en bedien met room of roomys.

Nota:
Die oorspronklike resep is gemaak vir 1 dis, daarom het ek alles net verdubbel vir die 2 van ons.
Ek sal wel net 1 eetlepel kakao gebruik, 2 maak die dis baie ryk.

Resep en foto: Madélynn Janse Van Rensburg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page