GRONDBOONTJIEBOTTER KOEKIES
- 400 ml bottel grondboontjiebotter
- 2 koppies suiker
- 2 eiers
- ± ½ koppie koekmeel, net om te bind dat jy maklike bolletjies kan rol
Meng al die bestanddele deeglik saam.
Rol bolletjies en druk plat.
Bak op 180 ºC vir plus minus 10 minute of tot bruin.
Nota:
Ek het die dekseltjie van die “Spray and Cook” blik gebruik om die koekies plat te druk.
Resep en Foto: Marie Rheeder Troskie
Category: