GRONDBOONTJIEBOTTER KOEKIES MET MUESLI
“Ons het sommer gou-gou die koekies gebak en is baie maklik en heeeerlik. Ekt dit op TV gesien soos by Tiaan. Ons het die resep net verdubbel en omtrent 40 koekies gekry afhangende van hoe groot jy jou balletjies maak. Die deeg is lekker styf en werk maklik.”
- 1 koppie grondboontjiebotter
- ¾ koppie suiker
- 1 eier
- ½ koppie muesli
- ¾ koppie gebreekte amandels
Meng alles saam en maak balletjies ongeveer teelepelgroottes en pak op ‘n bespuite oondpan. Druk effens plat met ‘n vurk.
Bak in ‘n voorafverhitte oond by 180 °C vir ongeveer 15 minute.
Resep en foto: Gideon Louw