Your Recipe Blog

GRONDBOONTJIEBOTTER EN BESKUITJIEBALLETJIES

GRONDBOONTJIEBOTTER EN BESKUITJIEBALLETJIES

  • 250 g Mariebeskuitjie fyn gemaak, nie te fyn gerol/gedruk nie
  • 250 ml grondboontjiebotter
  • 250 ml sagte margarien (nie gesmelt nie)
  • 250 ml versiersuiker
  • gesmelte melksjokolade
  • gesmelte wit sjokolade

Meng al die bestanddele deeglik en indien dit te pap is, roer nog fyn beskuitjies by.
Maak balletjies 20 mm groot en vorm dit mooi rond.
Druk ‘n tandestokkie in om die balletjie in sjokalade te doop.
Plaas dit in die vrieskas tot dit hard is.
Doop die harde balletjies in gesmelte melksjokolade en versier met wit sjokolade.
Vorm dun strepies met die wit gesmelte sjokolade oor die gedoopte balletjies.
Wanneer die sjokalade gestol het, haal tandestokkie uit, verpak en plaas in yskas.
Geniet dit.

Foto en resep: Pieter Pretorius

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page