GROENTESOP ROF EN ONBESKOF
Neem jou grootste pot.
- Braai die volgende saam:
- 10 sopbene
- 2 gekapte uie
- 2 teelepels knoffel, gesnipper
- Sit die volgende by en kook 30 min:
- 3 lourierblare
- 1 teelepel komyn
- 2 teelepels tiemie
- 1 teelepel koriander
- 1 teelepel roosmaryn
- 2 teelepels sout
- 1 teelepel peper
- 1 teelepel fyn naeltjies (so 10 as jy nie fyn het nie)
- 2 beef stock blokkies
- Plaas die volgende by:
- 2 medium tamaties, in blokkies
- 2 lekker groot aartappels, in kwarte
- 5 groot stokke seldery, gekerf (baie is beter)
- 2 reuse wortels, in skywe ( Anders 10 baba wortels)
Kook vir 2 ure op laagste hitte.
Na 2 ure sit 2 hande vol rou macaroni en een pakkie groente soppoeier wat met bietjie water aangemak is by en kook vir 30 min.
Bedien warm met suurdeegbrood en Worcestersous.
Resep en foto: Nico Conradie
Category: