GROENTEKOEKIES
- 4 x 250 ml gemengde groente (die blokkies werk perfek)
- 1 ui, fyngekap en gebraai
- 3 eiers, geklits
- 250 ml melk
- 500 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- sout peper na smaak
- gemengde kruie en paprika na smaak
- olie om in te braai
Meng die groente en ui saam.
Voeg die eiers en melk by en meng.
Voeg die koekmeel, bakpoeier en geurmiddels by en meng deur.
Skep lepels vol in verhitte olie.
Braai tot goudbruin buite om en gaar van binne. Olie moet nie te warm wees nie, dan word hulle te vinnig donker buite om en is nog rou binne.
Dreineer op handdoek papier.
Resep en foto: Amanda Austen