Your Recipe Blog

GROENTEKOEKIES VAN GAAR GROENTE

GROENTEKOEKIES VAN GAAR GROENTE

Hier is my groentekoekies resep wat ek weer gisteraand gemaak het. Absoluut heerlik.
Was nie so maklik om ‘n resep neer te pen vir dit nie. Maak gewoonlik uit my kop🙈
Wat lekker is jy kan die groentekoekies wat oor is in yskas sit en môre sommer weer eet😜.

  • 1 klein ui, fyn gesny
  • 250 ml gaar gemengde groente (ek gebruik sommer die gevriesde pakkies)
  • 250 ml melk
  • 5 ml suiker, opsioneel
  • 3 of 4 eiers
  • 2 koppies koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 2 ml “Garlic and Herbs spice”
  • knippie peper
  • bietjie olie vir braai

Braai uie  in die olie tot gaar en roer die gaar groente by.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout in mengbak.
Klits die melk, eiers en suiker goed saam en voeg by meelmengsel. Meng goed.
Voeg groente- en uiemengsel, peper en “Garlic and Herb” kruie by en roer weer deur.
Deeg moet slap wees maar nie loperig soos pannekoek deeg nie.
Skep lepelsvol in die pan met warm olie, net genoeg om in te braai. (olie nie te warm wees nie) Hoe groter jy jou koekies maak, hoe groter gaan jou lepel wees. Ek het sommer ‘n maatlepel gebruik van 80 ml.
Braai koekies aan beide kante tot gaar.
Pak die gaar koekies op kombuispapier om te dreineer terwyl jy die res van die deeg bak.
Geniet!!

Nota:
Het myne sommer saam gebraaide aartappels en worsrolletjies opgeskep gisteraand.

Resep en foto:  Marietjie Le Sueur

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page