Your Recipe Blog

GROENTE VIR EEN PERSOON

GROENTE VIR EEN PERSOON

Let wel my resep bedien net een, so die mense moet maar aanpas.

  • 1 mediumgrootte aartappel, amper gaar gekook en in blokkies gesny – los skil aan, dis gesond
  • ½ ui, redelik fyngekerf
  • ½ mediumgrootte rooi, geel of groen soetrissies, in rowwe blokkies gesny
  • 1 mediumgrootte rooi of groen rissie, in skyfies gesny
  • 2 patty pans, in skyfies gesny
  • 2 tot 3 sampioene, in skyfies gesny
  • 5 kersie tamaties, gehalfeer
  • 1 handvol spinasie, in repies gesny
  • 1 teelepel “chilli en crushed garlic”
  • 1 tot 2 eetlepels olyfolie

Verhit olie op matige hitte.
Voeg uie, pepper en rissie en braai vir omtrent 2 minute terwyl heeltyd roerbraai.
Voeg dan aartappels by en roerbraai vir nog 2 minute.
Voeg sampioene en patty pans by en roerbraai vir nog 2 minute.
Voeg tamaties, spinasie, en crushed garlic by en sit deksel op pot en draai hitte na laag.
Op die stadium kan sout, peper en groente spserye na smaak bygevoeg word.
Laat prut vir 5 minute of totdat spinasie sag is en roer ‘n laaste keer deur.
Die gereg is reg wanneer die tamaties sag is en amper ‘n soortvan sousie onder in die pot vorm.

Nota:
Dit kan bedien word as bykos vir enige vleis, maar ek het met die slag pork rashers in ‘n pan met olyfolie gebraai met sout, peper en gerookte braaivleis speserye.

Resep en foto: Jurie Smith

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page