Your Recipe Blog

GROENTE- EN KAAS MUFFINS

Recipe by
Cook: 30 min

GROENTE- EN KAAS MUFFINS

  • 2 eiers
  • 150 ml murgpampoentjies, in blokkies gesny
  • 150 ml rooi bone / red beans (blikkie)
  • 150 ml roommielies (blikkie)
  • 1 tamatie, in blokkies gesny
  • 3 ml sout
  • 3 ml peper
  • 5 ml fyn knoffel
  • 5 ml droë kruie
  • 250 ml gerasperde cheddar kaas
  • 250 ml melk
  • 500 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 30 ml gesmelte botter

Verhit die oond tot 180ºC. Bespuit ‘n muffin pan met kleefwerende kossproei.
Klits die eiers. Voeg die murgpampoentjies, bone, roommielies, tamatie, sout, peper, knoffel, kruie, kaas en melk by en meng.
Sif die koekmeel by en meng deur. Voeg die gesmelte botter by en meng deur.
Voeg laaste die bakpoeier by en meng deur.
Verdeel die mengsel in die muffin pan, dat elk so driekwart vol is.
Bak 30 min lank of tot toetspen skoon uitkom.
Bedien met konfyt en kaas, of dit kan net so geëet ook word.

Resep en foto: Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page