GROENKERRIE MET HOENDER
Ek het aanvanklik gedink ek gaan ‘n brandblusser vir hierdie een nodig hê, maar na die visolie het alles bedaar, die wat dapperder as ek is, kan gerus meer groenkerriepasta byvoeg.
- 1 blikkie kokosneutroom
- 2 eetlepels groenkerrie pasta (kan meer of minder gemaak word)
- Ongeveer 800 gram hoenderfilette (ek het ‘n groot pak klaar gesny, gebruik)
- 6 lemmetjieblare (ek gebruik gedroog)
- 1 blikkie koskosneutmelk
- 60 ml vissous
- 30 ml palmsuiker
- gerasperde lemmetjieskil
- 200-300 g murgpampoentjies, baie dun repe gesny
- handvol vars ertjies, opsioneel
- basiliekruid of vars koljanderblare
Verhit koskosneutroom in ‘n swaarboom kastrol tot dit begin borrel, voeg kerriepasta by en roer tot goed gemeng. Voeg gesnyde hoenderfilette by en laat hoender gaar kook op ‘n lae hitte roer gedurig.
Sodra die hoender gaar is, voeg kokosneutmelk, vissous en suiker by en roer totdat goed gemeng.
Voeg laastens murgpampoentjieskywe by en kook vir so ongeveer 5 min.
Voeg net voor opdiening basiliekruid of vars koljanderblare by.
Nota:
Jy kan jalapeno chillie opkap en byvoeg, maar ek het sommer stukkies pepadew vir kleur ingesit.
Die lekker van hierdie kerrie is dat dit vooraf gemaak kan word en net opgewarm word.
Resep en foto: Corinne Munro