GROENBONE- EN SUURROOMGEREG
“Ek het die resep dubbel gemaak vandag, soos op die foto. Die gereg is warm genoeg indien dit dadelik opgedien word. Dit kan liggies warm gemaak word in die oond indien dit in die yskas was.”
- 1 kg groenbone, gekerf
- 2 uie, gekerf
- 50 ml botter
- 100 ml koekmeel
- 300 ml melk
- 8 ml bruinsuiker
- 500 ml suurroom
- 400 g kaas, gerasper
- sout en peper, na smaak
Kook die bone tot gaar en sag.
Braai die uie in die botter en roer die koekmeel, suiker, sout en peper by.
Roer die melk en suurroom by.
Kook die melkmengsel totdat die meel gaar en die sous verdik het.
Voeg die kaas en bone by, meng deur en dien op.
Resep en foto: Renate Terblanche