GRANADILLA YSKASTERT
- 1 pakkie suurlemoen jellie
- 1 blikkie ideal melk yskoud
- ½ koppie suiker
- 1 bakkie granadilla pulp
- Tennisbeskuitjies
Maak pakkie suurlemoen jellie met 1 koppie kookwater aan en laat afkoel.
Klits 1 blikkie ideal melk wat oornag in yskas verkoel is tot lekker dik.
Voeg ‘n halwe koppie suiker bietjie-bietjie by terwyl jy klits.
Voeg die jellie en bakkie granadilla pulp by en meng goed maar liggies deur.
Pak tennisbeskuitjies en tertvulsel in lae in ‘n tertbak – eindig met tertvulsel.
Versier met mousse of gekrummelde beskuitjies.
Plaas in yskas tot gestol.
Elaine se veranderinge:
Ek het nie suiker bygegooi nie. Het 2 groot vars granadilla’s gebruik. Het ook 3 kleintjies met so twee eetlepels suiker gemeng, 1 eetlepel maizena met 80 ml water bygevoeg, in mikrogolf gekook tot verdik. Nadat dit afgekoel het, het ek die tert daarmee versier. Ek het nie die tert in lae gepak nie, net die beskuitjies onder dan die vulsel en die granadille bo op…
Heerlik en lig.
Resep geplaas deur Natacha Visagie
Foto: Elaine Steyn Steyn
Mal oor jou resepte ek gebruik dit so baie tot in my Chef skool
Baie baie dankie vir jou terugvoer Willem, dit is fantasties om te hoor.
Geniet dit en gee vir ons bietjie terug voer op die resepte dis altyd welkom.
Groete
Rina
The recipe calls for filling and biscuits to be layered, but on the photograph it appears to be a single layer of biscuit on the bottom only?
Hi Blompot, ja mens kan hom of in lae doen of soos die foto, dit is jou persoonlike keuse altwee is baie lekker.
Ht hom gemaak hy is lekkker ek gaan hom weer maak.