GRANADILLA ROOMYSSTOKKIES
My tuisgemaakte granadilla roomys is lekker.
- 100 ml maaskaas
- 50 ml heuning
- 500 ml ongegeurde volroom jogurt
- 500 ml granadilla pulp (uit my tuin)
Meng die bestanddele goed saam in ‘n mengbak en giet die mengsel in houertjies van eie keuse met ‘n stokkie daarin.
Plaas die houertjies in die vrieskas, verkieslik oornag, totdat dit heeltemal gevries is.
Plaas die houertjie vir ‘n paar sekondes in warm water, dan kom die roomys maklik uit die houertjie.
Proe dan daai surerige pittesensasie.
Nota:
Ek gaan dit weer maak en dit “modify” en ‘n bietjie meer heuning byvoeg, want dit was effens suur, maar tog te lekker innie hitte.
Resep en foto: Gideon Louw