GRANADILLA MOUSSELINE LOG
Resep en foto: Frikkie Jones
- 1 blik Clover kondensmelk
- ½ koppie suurlemoensap
- 500 ml versatié room
- 5 ml vanilla pasta
- 400 ml granadilla kerd (curd)
- sout
- 200 g Nutticrust koekies, verkrummel
- 400 g Boudoir beskuitjies
- simpel stroop, gemaak van 200 g suiker in 250 g water, saam gekook en afgekoel
- 200 ml limoncello
- 30 ml Cointreau
- 3 jumbo eierwitte
- 150 g strooisuiker
- knippie sout
- Meng die kondensmelk, suurlemoensap en 200 ml van die kerd.
- Meng die versatie, sout, vanilla paste by en klits met die hand tot dik en styf.
- Roer die beskuitjiekrummels by en meng deur. Hou gereed.
- Meng stroop, limoncello en cointreau in ‘n plat bakkie.
- Voer 2 brood panne met papier uit en hou gereed.
- Doop (nie week nie) die koekvingers 1 vir 1 in die stroopmengsel en pak ‘n laag daarmee onder in die broodpannetjies.
- Spuit ‘n paar strepe granadilla kerd op die koekielaag.
- Bedek met ‘n kwart van die roommengsel.
- Pak weer ‘n laag gedoopte koekvingers, smeer room en pak ‘n laag gedoopte koekvingers heelbo op.
- Bedek met kleefplastiek en verkoel oornag.
- Klits ‘n meringue van ‘n knippe sout, 3 eierwitte en 200 ml strooisuiker.
- Smeer dik bo-oor die koeklae en skroei dit met ‘n blaasvlam.
Category:

