GRANADILLA KAASKOEK
- Kors:
- 250 g tennisbeskuitjies, fyn gerol
- 125 g botter
- Vulsel:
- 2 x 250 g roomkaas, kamertemperatuur
- ¾ koppie strooisuiker
- 2 teelepels suurlemoenskil
- 2 eetlepels suurlemoensap
- 2 eetlepels koekmeel
- 5 eiers
- 125 ml room “pouring cream”
- 200 ml granadillamoes
- Bolaag:
- 1 eetlepel Maizena
- ⅓ koppie water
- 170 g granadillamoes
- ¼ koppie strooisuiker
Voorverhit oond tot 160°C.
Spuit ‘n ringpan en plaas bakpapier op die bodem.
Kors:
Smelt die botter effens in mikrogolf oond en meng met die krummels.
Druk dit vas in die ringpan en verkoel vir 30 minute in die koelkas terwyl jy die vulsel voorberei.
Vulsel:
Klits die roomkaas en strooisuiker sowel as die suurlemoenskil tot glad.
Voeg die koekmeel en die suurlemoensap by en klits goed.
Voeg die eiers een vir een by en klits goed.
Voeg die room by en klits goed.
Voeg die 200 ml granadillapulp by en meng, giet die mengsel bo op die krummelkors in die ringpan.
Bak vir 1 uur en 10 minute.
Skakel oond af en laat die koek afkoel terwyl die oond se deur effens oopstaan totdat die koek heeltemal afgekoel het.
Verkoel oornag in yskas.
Bolaag:
Meng Maizena en water goed in ‘n klein potjie.
Voeg die pulp en strooisuiker ook by en roer op matige hitte tot dit verdik.
Skep dit bo op die koek en laat afkoel.
Resep en foto: Gideon Louw