GLÜHWEIN
- 1 bottel rooiwyn van jou keuse
- 75 ml suiker
- knippie fyn kaneel
- 2 naeltjies
- 3 druppels vanilla geursel
- 1 lemoen of suurlemoen, in ringe gesny
- 50 – 100 ml brandewyn
Meng wyn, suiker, kaneel, naeltjies en vanilla geursel en laat staan vir 15 minute.
Verhit stadig sonder om te kook.
Voeg lemoen of suurlemoenskyfies by en hou die mengsel nog 15 minute net onder kookpunt.
Verwyder naeltjies.
Verhit brandewyn effens en voeg by die res.
Bedien dadelik.
Nota:
Ek het die brandewyn vir 20 sekondes in die mikrogolfoond verhit.
Foto en resep: Elna Erasmus