Your Recipe Blog

“GIN EN TONIC” SITRUSTERT

Recipe by
Cook: 25 minute

“GIN EN TONIC” SITRUSTERT

Die uitdaging het my aan een van my gunstelinge laat dink. Ek het dit gemaak met pomelostroop maar het ook die lemoenstoop se bestanddele by gesit. Jy kan ook die “Gin en tonic” in die stroop vervang met 250 ml water.
  • Tert:
  • 190 ml melk
  • 50 ml botter
  • 3 eiers
  • 250 ml suiker
  • 375 ml koekmeel
  • 8 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
Voor verhit oond tot 200°C. Kook die melk en voeg die botter by.
Klits die eiers goed en meng die suiker by, klits verder tot liggeel van kleur.
Sif die droë bestanddele saam en vou in by die eiermengsel.
Voeg heel laaste die melk by en meng goed deur.
Skep in vuurvaste bak (± 20 x 30 cm).
Bak vir 25 minute tot gaar.
  • Pomelostroop:
  • 250 ml suiker
  • 200 ml “Pomelo Tonic Water”
  • 50 ml Gin
  • 25 ml botter
  • 250 ml pomelosap
  • OF
  • Lemoenstroop:
  • 250 ml suiker
  • 200 ml “Tonic Water”
  • 50 ml Gin
  • 25 ml botter
  • 250 ml lemoensap
  • 10 ml gerasperde lemoenskil

Kook  die suiker, tonic, gin en botter saam vir 5 minute.
Voeg die pomelosap/lemoensap en indien die skil gebruik word by, en roer goed deur.
Prik die warm tert wanneer dit uit die oond uit kom en giet die sous bo-oor.
Bedien met vars room of roomys.

Resep en fotos: Leonie Janse van Rensburg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page