Your Recipe Blog

GIDEON SE WATERBLOMMETJIEPOT

GIDEON SE WATERBLOMMETJIEPOT

Ek sê mos altyd elke ou soen sy vrou op sy manier. Maar my manier om ‘n waterblom pot te maak is op hierrie manier, dit was regtig uit die boeke vir my en vroulief.

  • 750 g waterblommetjies, dkoon gemaak en ontgogag en oornag geweek in growwe soutwateroplossing
  • 1 kg vet lamsribbetjie, in stukke gesny
  • 1 groot aartappel, in blokkies gesny
  • 1 groot ui, gekerf
  • 1 eetlepel knoffelvlokkies
  • 1 eetlepel Italiaanse speserye
  • 1½ teelepel rissievlokkies
  • 2 teelepels sout
  • 1 teelepel fyn witpeper
  • 1 teelepel aromat
  • 2 eetlepels suiker
  • sap van een suurlemoen

Braai eers die ribbetjie op skerp kole in sy eie vet.
Voeg die uie by en braai tot glaserig saam met die vleis.
Voeg die aartappels en waterblommetjies by asook omtrent 500 ml water en al die ander bestanddele.
Kook vir omtrent 1 uur en laat prut vir nog 30 min.
Moenie haastig wees nie en geniet ‘n fynetjie of vyf en proe deurentyd of die smaak jou geval.
Kook die pot tot alles sag en gaar is en die sous lekker dik.
Bedien op rys of stysel van jou keuse.
Nota
Ek en vroulief het ons kaduks geëet.
Let wel dit was vars geplukte waterblomme en was nog nie gevries nie.
Die slaai aan die een kant was net ‘n bluf.

Resep en foto’s:  Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page