Your Recipe Blog

GIDEON SE VERVOLMAAKTE HOENDER NOEDEL POTJIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 75 min

GIDEON SE VERVOLMAAKTE HOENDER NOEDEL POTJIE

Ek dink ek het vanaand die HOENDER VERVOLMAAK, as jy nou wil lekker eet traai die potjie !
Ek belowe jou jy sal dit weer wil doen as jy klaar ge eet het !!

  • 6 stukkies hoender (dye en boude )
  • 3 medium groot uie, gekerf
  • ± 2 koppies rou skulpie noedels
  • 1 pakkie bruin sampioene, gekerf
  • 1 rooi soetrissie, gekerf
  • 1 teelepel chilli vlokkies
  • 1 eetlepel knoffelvlokkies
  • 300 ml room
  • ½ pakkie sampioen roomsoppoeier, gemeng met 50 ml water (moenie sout bysit nie, die soppoeier maak dit sout )
  • ½ teelepel witpeper
  • 1 ½ koppie gerasperde Cheddar kaas

Plaas jou swart pot op die vuur met bietjie kookolie in.
Braai die hoender stukkies vooraf saam met die uie.
Voeg dan die sampioene by asook die rooi rissie knoffelvlokkies, chilli flakes en witpeper.
Prut omtrent vir 20 min.
Strooi die skulpie noedels bo-oor en prut vir ± 15 min.
Giet die room oor en prut vir 10 min.
Voeg die sampioemroomop en water by en prut vir ‘n ½ uur.
Strooi dan die kaas bo-oor en laat goed smelt op stadige kole !!!

Bron en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page