GIDEON SE VARS GEBAKTE PIESANGBROOD
“‘n Lekker vars gebakte piesang brooitjie warm uit die oond. Die piesangbrooitjie is baaaaaie lekker!”
- 3 eetlepels margarien
- 1 koppie suiker
- 3 goed fyngemaakte piesangs
- 2 koppies bruismeel
- ½ koppie melk
- 2 teelepels bakpoeier
- ¼ teelepel koeksoda
- ¼ teelepel sout
- ¼ teelepel vanilla geursel
- 2 eiers
Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout in ‘n mengbak en plaas eenkant.
Klop margarien tot sag in ‘n bak en voeg suiker geleidelik by en meng goed.
Voeg geklitste eiers stadig by en meng deeglik.
Voeg fyn piesangs by en meng deeglik.
Voeg geursel by.
Voeg die meelmengsel en melk om die beurt by en meng goed.
Sit mengsel in klein gespuite broodpannetjies en bak vir 35 minute in ‘n voorafverhitte oond by 180 °C.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw