Your Recipe Blog

GIDEON SE SPEKROLLETJIES

Recipe by
| Servings: 5

GIDEON SE SPEKROLLETJIES

Ekt vir gisteraand hierdie “bacon babies” gemaak en hulle was heeeerlik vir ‘n oudurfie. Een pakkie spek maak 5 “bacon babies”.

  • 250 g spekrepies
  • 5 stokkies kaas
  • Turkse of gedroogde appelkose

Lê ‘n repie spek lankuit op ‘n snyplank en plaas ‘n 8 x 8 mm strokie kaas by die een punt van die spek.
Sny ‘n Turkse appelkoos middeldeur en plaas die twee stukkies langs die kaas.
Vou dan die ander helfte van die spek bo-oor die kaas en appelkoos stukkies.
Neem nog ‘n repie spek en draai dan die pakkie daarmee toe, al in die rondte. Probeer dit so doen dat die toegedraaide stuk se punte toe is.
Herhaal tot die spek op is.
Braai op die kole tot die spek gaar is.

Nota :
Jy kan gewone gedroogde appelkose gebruik,  maar die Turkse een is sagter en meer geurig.

Foto en resep: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page