Your Recipe Blog

GIDEON SE SNOEKKOP SOP

GIDEON SE SNOEKKOP SOP

  • 6 – 8 snoekkoppe
  • 1 ½ – 2 liter water
  • 3 lourier blare
  • 6 peperkorrels
  • 1 groot geel wortel, grof gerasper
  • 2 uie, gerasper
  • 1 groot aartappel, gerasper
  • 1 eetlepel botter
  • 1 eetlepel olie
  • 2 eetlepels kerrie
  • 1 teelepel borrie
  • 2 teelepels suurlemoen sap
  • ½ koppie gekapte pietersielie
  • sout en peper, na smaak
  • 1 teelepel rissie vlokkies
  • ‘n knerts Worcestersous
  • 3 eetlepels suiker
  • 1 koppie room

Kook snoekkoppe vir omtrent 10 minute skep die skium af,  haal alle vleisies af as dit afgekoel is.
Braai uie, kerrie, botter en olie tot gaar voeg water, geelwortel en aartappel bymekaar in groot kastrol saam met viskop vleis, kook stadig vir 1 uur.
Ek het nadat dit ‘n uur gekook het ‘n koppie room by gevoeg en nog vir 10 min laat prut, voeg sout en peper, suurlemoensap en res van die bestanddele by en kook deur.
Sit pietersielie by voor opdien en roer goed, bedien saam met vars volgraan “croutons” Hmmmmn lekker !

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page