GIDEON SE POTBROOD MET ROOMKAAS
Ek het die gaar brood uitgekeer op ‘n snyplank, stukke afgebreek en in die kaasmengsel in die middel gedoop om te eet. Hmmmmmmm was djeeeeerlik!
- 1 kg gekoopte brooddeeg
- 250 g roomkaas
- 1 kg Mozarellakaas, gerasper
- ½ koppie Parmasaankaas, gerasper
- 1 rooi brandrissie, gekap
- 2 – 3 takkies basiliekruid, grof gekap
- 4 knoffelhuisies, fyngemaak
- ½ koppie botter
- 2 – 3 takkies pietersielie, fyngekap
Breek die deeg in bolletjies so groot soos tafeltennis balletjies.
Rol elke deeg balletjie in silindervormige stafies, omtrent 15 cm lank en knoop elke deeg stafie.
Spuit ‘n swartpot met kleefwerende sproei en pak die deegknope teen die binne kante van die pot in ‘n sirkel en plaas ‘n plat ronde stukkie deeg in die middel van die sirkel.
Meng die kase, rissie, basiliekruid en helfte van die fyn knoffel. Voeg die kaasmengsel in die middel, bo op die ronde degie in die pot.
Laat rys die deeg tot dubbel in volume vir ongeveer ‘n uur.
Smelt die botter en meng met die pietersielie en ander helfte van die fyn knoffel.
Verf die bottermengsel oor die gerysde deeg en plaas die deksel op die pot.
Bak die brood oor matige kole wat onder en bo-op die deksel van die pot geplaas is, vir ongeveer 45 minute of tot gaar.
Nota:
Die resep sê bak in ‘n oond wat voorverhit is by 180ºC vir 25 minute.
Resep getoets en foto: Gideon Louw













