Your Recipe Blog

GIDEON SE OONDGEBAKTE VARKSTERTJIES

GIDEON SE OONDGEBAKTE VARKSTERTJIES

Hierdie is ‘n nuwe variant van my varkstertjies wat in die oond gebak word. Marinade vir 8 skoongemaakte varkstertjies met velle af.

  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 eetlepel “sweet chilliesous”
  • 1 eetlepels opgehoop met blatjang
  • 2 teelepels sout
  • 1 eetlepel knoffel flokkies
  • 1 eetlepel “mild and spicy” kerriepoeier
  • 1 teelepel witpeper
  • 1 eetlepel balsamiese asyn
  • 2 eetlepels suiker
  • 2 eetlepels suurlemoensap

Pak die stertjies in ‘n oondvaste glasbak. Meng alle bestanddele en giet dit oor die sterte. Laat staan in koelkas vir 24 uur.
Plaas foelie oor die bak en bak op 160 ºC vir 2 ure. Verhoog die hitte na 180 ºC en bak nog ‘n halfuur. Verwyder die foelie en rooster dit op stadige rooster vir 10 min tot mooi bruin

Nota:
Vroulief het dit voorgesit met bromkool en witsous en ‘n skorsie.
Ekt daai lekker sous innie skorsie geskep en geroer ook so oor die bromkool gedoen en was djeeeeerrlik.

Resep en fotos : Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page