Your Recipe Blog

GIDEON SE KREEFKELKIE

GIDEON SE KREEFKELKIE

Sjoe kan eeeen mens nou sooo gelukkig wees.
Vroulief ontdek nog drie krewe innie vrieskas toe sy dit regpak en dan kan man maar net ‘n kreefkelkie daarvan maak.  Ek het die bene en sterte en alle vleisies wat ek kon aftrek en uithaal bymekaar gesit.
Ek stoom altyd my kreef gaar as ek dit gaarmaak en ek vries dit nooit rou nie.
Ek verbeel my maar ek eet vanaand in ‘n restaurant met so ‘n kreefkelkie voor my.

  • 3 gaar kreef se vleis, in stukkies gesny
  • 3 eetlepels hoogvol mayonnaise
  • 2 eetlepels sweet chillie sous
  • 2 eetlepels tamatiesous
  • 2 eetlepels blatjang
  • 1 teelepel vars gemaalde swartpeper
  • 1 teelepel sout
  • 2 eetlepels suiker
  • 10 klein gekapte tamaties
  • ½ medium groot gekapte ui
  • Ekstra:
  • blaarslaai of groen blare van jou keuse vir opdiening

Meng alles saam en dien op in bakkies wat uitgevoer is met groen blare.
Hmmmm dis djeeeerlik!

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page