Your Recipe Blog

GIDEON SE INLÊ OLYWE

GIDEON SE INLÊ OLYWE

Ek het oplaas ook probeer olywe inlê. Ekt ‘n paar olywe bekom en die volgende gedoen. Ek sal nou eers na ‘n paar maande weet hoe lekker of hoe sleg dit gaan smaak.
Ek weet ook nie of ek reg of verkeerd gedoen het nie, julle kan maar self oordeel as jy ‘n kenner is.
Ek’t die olywe gepluk van ‘n vriendin in Worcester se boom.
Ek’t eers die vruggies mooi gewas en afgespoel.
Ek’t hulle toe in ‘n soutwater oplossing geplaas wat bestaan uit ‘n halwe koppie growwe sout wat opgelos is in drie liter water en elke dag die soutwater hernu.
Dit het ek vir twee weke lank elke dag gedoen. Ek’t ‘n bord bo op die olywe gesit sodat almal te alle tye onder water is.

Na twee weke het ek die olyfies vir ‘n paar ure of oornag oopgegooi op ‘n plat oppervlak sodat hulle kan verdonker, want almal was nie ewe ryp of dieselfde kleur nie.
Ek’t toe ‘n mengsel aangemaak wat bestaan het uit:

  • 500 ml water
  • 120ml balsamiese asyn
  • 2 eetlepels growwe sout wat vooraf opgelos is in ‘n halwe koppie warm water
  • 4 eetlepels olyfolie

Ek’t die olyfies toe lekker styf geprop in gesteriliseerde flesse en toe opgevul met die mengsel tot oorloop vol en dig toegemaak met die deksel.
Nou moet ek maar net geduldig wag.
Nota:
Hier is my maaksels na ses maande se veroudering en ek moet sê dit is djeeeerlik dis n balsamiese mengsel wat ek gebruik het

Foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page