Your Recipe Blog

GIDEON SE GEKRUMMELDE KWARTELS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 - 20 minute

GIDEON SE GEKRUMMELDE KWARTELS

Ek het gistraant Kentakkie Fried Quail gemaak. Die smaak was lekker, maar die vleisies was nog effe taai.
So ek moes dit seker eers vooraf ‘n bietjie gekook het, want ek het dit redelik lank – 15 tot 20 min) gebak.

  • 8 kwartels oopgesny
  • Meng die volgende:
  • 2 koppies koekmeel
  • 1 eetlepel sout
  • 1 ½ eetlepel “Italian herbs”
  • 1 eetlepel swartpeper
  • 1 eetlepel droë mosterd
  • 4 eetlepels gerookte paprika
  • 1 eetlepel fyn gemmer
  • Meng saam in ‘n aparte bak:
  • 1 koppie karringmelk
  • 1 eier

Laat die kwartels vir ‘n uur in sterk asynwater oplossing lê. Droog af met handoekrol.
Doop die skoongemaakte oopgesnyde kwartels in die karringmelkmengsel en plaas op ‘n rak om af te drup vir 25 min.
Rol dan die kwartels in die meelmengsel en laat staan vir tot 15 min. in die yskas.
Bak in diep olie vir 15 tot 20 min en plaas op handoekpapier.

Nota:
Ek het dit saam met ‘n mayonnaise dip geniet.

Resep en foto:  Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page