Your Recipe Blog

GIDEON SE GARNALE

GIDEON SE GARNALE

Vanaand was dit ek en prons (garnale).

  • 500 g skoongemaakte garnaal stertjies
  • ½ koppie witwyn
  • 1 koppie room
  • ½ teelepel mosterdpoeier
  • 1 eetlepel fyn knoffel
  • 1 eetlepel broodmeel
  • 1 teelepel gekapte vars pietersielie
  • 1 teelepel aromat
  • 100 g botter

Verhit die botter en knoffel in ‘n braaipan tot dit gesmelt is. Haal van die hitte af, voeg die meel by en roer goed sodat dit goed meng.
Voeg die wyn, room, mosterd en die aromat by en roer goed.
Bring die mengsel tot kookpunt en voeg die prons (garnale) by en kook vir 4 – 5 min.
Voeg die pietersielie by en meng goed.
Bedien saam met rys (ek’t sommer ‘n kelkie met kropslaai blare gemaak).

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page