Your Recipe Blog

GIDEON SE FRIKKADELLE

GIDEON SE FRIKKADELLE

Ons het vanaand vir aandete die heerlike frikkadelle gemaak in my swartpot oppie kole en dit was djeeeeerrlik!
Ek’t net die frikkies in die swartpot ingepak lekker styf teenmekaar en begin gaarmaak sonder vloeistof en dit was nie droog nie, maar lekker sappig dis ons tuisgemaakte maalvleis.

  • 500 g maalvleis
  • 1 ½ koppie dröe broodkrummels
  • 1 pakkie droë uiesoppoeier
  • ½ koppie pietersielie
  • 1 eier
  • swart peper
  • skeut balsamiese asyn
  • skeut wit asyn

Meng vleis, pieterselie, eier, peper en 2 asyne in ‘n mengbak.
In 2de mengbak, meng die soppoeier en broodkrummels met water om klam te maak. Hou bietjie van altwee oor om oor te strooi.
Meng die 2 mengsels met vleisvurk en vorm balletjies.
Plaas in gesmeerde oondbak of swart pot.
Sprinkel broodkrummels en bietjie soppoeier oor.
Giet bietjie water of vleisaftreksel onder in skottel, indien verkies.
Bedek met tinfoelie en bak 1 uur by 180ºC of in ‘n swartpot op die kole baie stadig tot gaar.

Resep en foto – Gideon en Rinie Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page