GIDEON SE DEEG BRILLETJIES
Ek het die puff pastry deeg brilletjies gemaak en is nogals lekker.
- 1 × 400 g rol skilferkorsdeeg
- 2 eetlepels botter, gesmelt
- ½ koppie kaneelsuiker
- 1 eier, geklits vir glasering
Rol die deeg uit tot omtrent 2 mm dik probeer dit so vierkantig of reghoekig moontlik hou.
Smeer dan die deeg met die botter en strooi die suiker oor.
Rol dit van altwee kante af op tot in die middel.
Sny dit met ‘n skerp mes in 4 mm dik mootjies, pak dit in ‘n voorbereide oondpan en smeer met geklitste eier.
Bak in ‘n voorverhitte oond op 180°C vir 12 tot 15 minute of tot goudbruin.
Ek het die riglyne van Pick en Pay se ” fresh living ” gebruik.
Dit maak omtrent 30 brilletjies.
Foto en resep: Gideon Louw