Your Recipe Blog

GIDEON SE BROODJIES IN DIE VARKIEOOND

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 tot 40 minute

GIDEON SE BROODJIES IN DIE VARKIEOOND

Ek het gistraand vir ons die heerlikste klein broodjies in my varkie oond gebak. Ons het dit saam met botter en tuisgemaakte druiwejêm geniet. Die reseppie wat ons hier gebruik flop nie sommer nie.

  • 4 koppies koekmeel
  • ½ teelepel sout
  • 10 g droë kitsgis
  • 2 eetlepels suiker
  • 2 eetlepels kookolie
  • ± 400 ml lou water

Sif meel en sout in ‘n mengbak , voeg suiker en kitsgis by en meng deeglik, voeg olie by asook water, sodat ‘n sagte deeg vorm.
Knie deeg af tot glad en nie meer klewerig nie. Plaas in ‘n ligte geoliede bak en bedek.

Plaas op ‘n warm plek totdat dit dubbel in groote is. Knie dit dan af en deel in ses ewe groot stukke vir klein pannetjies.
Laat rys effens en plaas in die varkieoond en bak vir 30 tot 40 minute teen ± 180°C.

Nota:
Kan ook in die oond gebak word teen 180 ºC.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page