Your Recipe Blog

GIDEON SE BREKKIE BROODJIE

GIDEON SE BREKKIE BROODJIE

Liezl het vanoggend vir ons die heeeerlik brekkie brunch gemaak sommer so uit die kop uit. heeerlik!
Dit hang af van hoeveel snye brood jy gaan gebruik vir die hoeveelhede.
  • Ons het gebruik:
  • 8 snye brood elke sny in drie mote gesny
  • 1 tamatie, in stukkies gesny
  • ¾ koppie gekerfde sampioene
  • 500 g pakkie klein varkworsies
  • 1 ui, fyn gekerf
  • 5 eiers geklits
  • 2 koppies gerasperde kaas
  • 2 eetlepels karamel suiker
  • 2 eetlepels balsamiese asyn
  • olie vir vlakbraai
  • sout en peper na smaak
  • pietersielie takkies, vir garnering

Braai worsies tot gaar in ‘n pan en hou eenkant.
Braai tamatie, sampioene en uie saam en voeg asyn en suiker by en roer, hou eenkant.
Maak olie warm.
Doop mootjies in die geklitste eier en bak vir ‘n paar minute in olie tot mooi bruin.
Pak brood mote op handdoek papier.
Bedek ‘n oondpan met foelie en pak brood daarop uit. Plaas ‘n worsie op elke moot, plaas dan ‘n bietjie van die smoor mengsel op worsie.
Plaas ‘n bietjie kaas bo-op en sit onder die rooster van die oond vir ‘n paar min tot kaas gesmelt is.

Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5