GIDEON SE APPELKOOSROLLE
Foto is ‘n deel van my appelkoos rol wat besig is om te sondroog.
- 4 kg ryp appelkose, gewas en ontpit
- 1.5 kg suiker
Maal die appelkose (met die grofste sif) in’n meul, voeg die suiker by en meng goed.
Ek het groot gladde teels gebruik en dit met “spray and cook” gespuit.
Krap die appelkoosmengsel op die teels oop tot omtrent ± 4 tot 5 mm dik.
Bedek met gaas om die vlieë weg te hou.
Plaas in die son vir omtrent drie dae.
Drie dae later:
Ek het nou die appelkoosrolle losgemaak 0p die rante met ‘n dun messie en dit opgetel sodat die growwe kant bo is en dit toe mooi opgerol.
Julle sal nie glo hoe lekker dit is nie.
Siedaar – heerlike appelkoosrolle.
Resep en foto: Gideon Louw