GIDEON SE AARTAPPELWIELE
Hierdie aartappeltjies gaan ek beslis weer laat verbykom want djeeerlik was hulle.
- 3 groot aartappels, geskil
- 1 eetlepel knoffelvlokkies
- ½ koppie Parmasaan kaas
- 1 koppie koekmeel
- 2 eiers, geklits
- 1 teelepel gemaalde swartpeper
- olie vir vlakbraai
- 2 koppies fyngemaakte broodkrummels
Sny aartappels met ‘n mandolien in wiele met sy dikste setting en laat lê in soutwater vir 1 uur (½ koppie sout op 1 liter water).
Meng die peper en koekmeel saam met die knoffel.
Meng die broodkrummels met die kaas.
Doop aartappel wiele eers in die meel dan in die eier dan in die krummels.
Laat staan in die yskas vir omtrent ‘n uur.
Ek het die olie op die kole in my braaipan verhit en die skywe in die olie gebraai tot goudbruin en gaar, omtrent 2 tot 3 min aan ‘n kant.
Foto en resep: Gideon Louw