GIDEON SE AARTAPPELGEREG
- 1 kg aartappels
- ¼ koppie botter
- fyn knoffel na smaak
- gesnipperde gaar spek
- skyfies kaas van jou keuse
Kook aartappels tot sag maar nie pap nie, sny die aartappels in skywe sonder om dit deur te sny.
Pak al die aartappels in ‘n oond pan met die gesnyde gedeelte na bo soos ‘n waaier.
Meng botter en knoffel en smeer lekker tussen die skywe van elke aartappel.
Voeg sout en peper by na smaak.
Bak in die oond by 180 ºC tot die botter gesmelt is.
Haal uit die oond en pak gesnipperde gaar spek en snytjies kaas tussen die aartappel skywe.
Sit terug in die oond onder “grill” vir paar minute tot kaas gesmelt is en alles goed warm is.
Resep en foto: Gideon Louw