Your Recipe Blog

GIDEON SE AARTAPPELGEREG

GIDEON SE AARTAPPELGEREG

Ekt vir ‘n bygereg hierdie lekker aartappel gereg gemaak sommer in my rooi pannetjie oppie kole djeeeeerrlik!

  • 3 aartappels
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel gemaalde swartpeper
  • 1 teelepel knoffelvlokkies
  • 1 teelepel paprika
  • 30 ml water
  • 6 eetlepels Maizena
  • 2 eetlepels Parmasaan kaas
  • 1 koppie gerasperde Mozzerella kaas

Skil die aartappels en sny met die dikkant van die mandolien in wiele, was en droog in ‘n sif.
Plaas die aartappels in ‘n mengbak en voeg by alle speserye en bestanddele behalwe die Mozzerella kaas by.
Meng alles goed.
Plaas die aartappelskywe al in die rondte van jou pan wat ‘n bietjie warm olie in het tot die bodem van die pan bedek is en skep ‘n bietjie van die mengsel van die mengbak se sous bo-oor.
Bak vir omtrent 10 minute met ‘n deksel op en draai om deur ‘n bord te gebruik en bak ook so die ander kant.
Skep uit deur op ‘n bord om te dop en om te draai.
Herhaal die proses met die res van die aartappel wiele en nadat dit omgedraai is, sprinkel die Mozzerella kaas bo-oor.
Plaas die vorige aartappel baksel bo op die kaas en bak vir ‘n paar min met ‘n deksel bo-op.
Djeeeeerlik ons het hoender en wors gebraai saam met dit.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page