GHOEBA-GHOEBA
My ouma (tegnies oupa se sussie) het dit so gedoen en sy’t dit Ghoeba Ghoeba genoem.
- 500 g pak noedels, jou keuse
- 1 ui, fyn gekap
- 500 g maavleis
- 250 g ontbytspek, in blokkies gesny
- 420 g blik suikermielies
- 1 pakkie sampioenroomsop poeier
- 1 blik sampioenroomsop
- sout na smaak
- gerasperde kaas vir bo-op
Voorverhit oond tot 200ºC.
Kook noedels sag en skep uit in ‘n bak.
Braai die uie goudbruin, voeg die maalvleis en spek by braai tot gaar.
Voeg mielies en soppe by en kook die mengsel vir ongeveer 5 min oor medium hitte.
Roer deeglik. Indien nodig kan water bygevoeg word om ‘n lekker sous te maak.
Meng die maalvleismengsel met die noedels.
Skep in ‘n gespuite oondbak, strooi kaas oor en bak by 180ºC tot kaas gesmelt het en goudbruin is.
Sit warm voor.
Resep en foto’s: Bianca Mare