GEVULDE UIE OP DIE KOLE
- Vulsel:
- 250 ml gaar rys
- 4 repe spekvleis
- bietjie soetrissie gekap, opsioneel
- 5 ml pietersielie
- 30 ml hoenderaftreksel
- sout en swart peper na smaak
- 4 groot uie
- botter
Sny die uie so boonste punte af, maar hou die skille aan.
Kook die uie met skil en al vir ongeveer 5 min tot sag.
Haal die binneste deel van die ui uit, maar los genoeg om ‘n stewige dop te vorm, sonder die skil.
Kap die binnedeel van die ui fyn en meng saam met die res van die bestanddele, buiten die botter.
Skep die vulsel binne-in die uie doppe en stip elke met ‘n klontjie botter.
Neem 2 lae foelie en smeer die blinkkant (binnekant) met bietjie olie en draai die uie daarin toe.
Braai in die kole (meduim) vir ongeveer 20 min, bedien terwyl nog warm.
Heerlike saam met braaivleis.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Rina Kleinhans