Your Recipe Blog

GEVULDE SJOKOLADEKOEK

Recipe by
Cook: 60-65 minutes

GEVULDE SJOKOLADEKOEK

My man is vandag 60. (en my seunskind kat Molotov 8). Ek het koek gebak. Ek het gedog dis al op die blog maar kry dit nie. Die toiletrolle is pettinice en die koerant en teken is gedruk op ryspapier. Ek het hierdie resep in die Wesresepte No.5 gekry en bak dit baie gereeld.

  • Koek:
  • 750 ml bruismeel
  • 60 ml kakao
  • 7 ml koeksoda
  • 312,5 ml (260 g) strooisuiker
  • 60 ml gouestroop
  • 3 eiers
  • 300 ml olie
  • 300 ml melk
  • Vulsel:
  • 200 g wit of bruin melksjokolade
  • 125 ml room
  • 15 ml kitskoffie gemeng met 20 ml kookwater
  • 50 g bruin melksjokolade, fyngekap (opsioneel)
  • 150 ml versiersuiker
  • Versiersel:
  • 75 g botter
  • 100 g bruin melksjokolade
  • 500 ml versiersuiker
  • 50 ml room (of melk)

Voorverhit die oond tot 160°C.
Smeer vierkantige oondpan (22cm) en voer uit met waspapier of smeer met 1:1:1 (ek gebruik kakao pleks van meel).
Sif droë bestanddele saam in ‘n groot bak.
Klits res van bestanddele goed saam in ‘n ander bak.
Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en klits vir sowat 2 minute tot goed deurgemeng. Skep beslag in die voorbereide pan.
Bak vir 60-65 minute tot gaar (lank, maar onthou die temperatuur is laer).
Die koek bars bo en dis reg. Laat afkoel op rakkie en trek bakpapier af.

Wanneer die koek heeltemal afgekoel het, meet 4,5 cm van onder reg rondom koek – merk met tandestokkies. Sny nou die boonste deel af en hou eenkant.
Meet 4 cm rand rondom koek en merk weer. Sny dan die vierkant blok uit (moenie tot onder sny nie – die bodem van koek moet bly) sodat dit lyk soos ‘n bakkie.
Skep vulsel in en sit boonste deel van koek terug en verkoel vir 30 minute.
Versier dan met versiersel.

Vulsel:
Smelt sjokolade en voeg room en koffie by
Klits 5 min met draadklitser tot dik. Meng gekapte sjokolade by en sif versiersuiker oor en meng goed.

Versiersel:
Smelt botter en sjokolade saam.
Sif versiersuiker en meng afwisselend met melk by die bottermengsel. Verminder melk indien nodig.
Klits aanhoudend tot glad en blink
Verkoel as die vulsel te loperig raak en klits dan weer.
Versier hele koek en spuit rosies op met res van die versiersel.

Resep en foto: Kiti de Jager

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5